Author unknown
Jou stroopsoet bondeltjie vreugde het oornag in ’n teme rige, rustelose wesentjie verander. Haar vuisies is pal in die mond. Bedags kwyl sy baie meer en snags slaap sy minder. Soggens is julle albei ewe moeg en futloos. Ja, Sussie kry tande. Jy weet dis ’n fase, maar dit maak dinge nie op hierdie oomblik beter nie! Maar het jy geweet dat tande kry eintlik ’n leerproses ook is? Dit bevorder baba se handoog-koördinasie! As haar tande begin jeuk en sy haar handjies in haar mond druk, steek sy soms die middellyn oor en oefen sy haar motoriese vaardig hede. Hier is alles wat jy oor tande kry moet weet om te sorg dat jy, wel, tot die tande bewapen is om dié fase suksesvol verby te kry.
Hoe weet ek sy is nie dalk siek nie?
’n Kind is siek en moet dokter toe gaan as haar koors hoog is of minstens 48 uur lank hoër as normaal is. As sy middeloorontsteking het, sal sy ongewoon baie aan haar ore vat, weier om te drink en op een sy te slaap en koors hê. Nog siektesimptome is diarree en braking.
Suster Verona Sauls van die Durbanville- kliniek buite Kaap stad sê die volgende is ook simptome van ’n baie siek kind:
- Sy lyk siek en is slaperig en lusteloos.
- Sy is rusteloos, prikkelbaar en haar oë lyk of dit dieper as gewoonlik sit.
- Sy is ontwater omdat sy te stadig drink of glad nie drink nie.
- Daar’s ’n uitslag op haar vel en haar neus loop.
Wanneer gaan my baba begin tande kry?
Tandjies kom gewoonlik tussen vyf en sewe maande oud uit, sê dr. Christelle Botha, ’n dokter van Bellville buite Kaapstad.
“As jou baba omtrent drie maande oud is, begin die tande nader na die tandvleisoppervlak beweeg. Maar soms kom dit al voor geboorte uit, of as baba net ’n paar weke oud is.”
Daar’s geen risiko aan tande kry verbonde nie – tensy dit met voeding inmeng of as die tande los is en ’n verstikkingsgevaar inhou.
As daar teen 13 maande oud nog nie ’n tand te sien is nie, beteken dit die proses is vertraag. Klierafwykings, swak voeding, ’n tekort aan vitamien D en kalsium en selfs oorerwing kan die oorsaak wees.
Hoe weet ek my kind kry tande?
Net voor die tandjies hul verskyning maak, word die tandvleis teer, rooi en geswel. Laasgenoemde is ’n simptoom van tandvleisontsteking en kan ’n ligte koors veroorsaak, sê Christelle. Baba kan krapperig wees, erg kwyl en harde voorwerpe wil kou. Omdat sy gans te veel speeksel vervaardig, kan sy diarree kry. Haar eet- en slaappatroon kan versteur word en sy kan weier om te drink as die tandvleisies baie pla.
Is daar homeopatiese middels wat kan help?
Homeopatiese middels is veilig, veroorsaak nie allergiese reaksies nie en is ’n nie -giftige manier om pyn te verlig, sê dr. Antoinette Daphne, ’n homeopaat van Durbanville. “Dit versterk jou kind se immuun stelsel so dat die liggaam makliker teen infeksies kan stry.”
- Chamomilla is dikwels die eerste middel om te oorweeg wanneer baba baie krapperig of kwaad is en dit lyk of die pyn ondraaglik is. Baba wil dan gewieg en aanmekaar gedra word.
- Calc Carb word aan babas gegee wat ná ’n jaar nog sukkel om tande te kry.
- Silica word aan babas gegee wat stadig en moeilik tande kry omdat hulle gewoon lik ’n lae weerstand teen verkoue het.
- ’n Baba wat huilerig en klouerig is terwyl sy tande kry, sal goed op Pulsatilla reageer.
- Kalsiumfluoried en kalsiumfosfaat help om tande sterker te maak
Hoe kan ek help?
- Verkoel ’n tandering in die yskas en gee dit vir baba om aan te kou. Moenie die tandering in die vrieskas verkoel nie, dit kan baba se tandvleis beskadig.
- Wat baba ook al kou, maak seker die randjies daarvan is stomp sodat sy nie seerkry as sy val terwyl dit in haar mond is nie.
- Party babas verkies dit om aan ’n lappie te kou. Knoop ’n ysblokkie of stukkie appel in die lappie vas. Jy kan die lappie ook 30 minute lank in die yskas verkoel.
- Vryf jou baba se tandvleis met ’n skoon vinger.
- Indien jou baba jonger as ses maande is, kan ’n parasetamolstroop soos Panado of Calpol gegee word. ’n Baba ouer as ses maande kan mefenamiensuur soos Ponstan of ibuprofeen soos Nurofen kry.
- Prodol is ’n produk wat jy aan die tandvleis smeer en dis heeltemal veilig.
- Salfies soos Teejel wat aan die tandvleis gesmeer word, kan ook verligting bring. Moet dit nie vir jou baba gee as sy jonger as vier maande is nie.
- Moenie jou baba toelaat om aan geverfde meubels of mure te kou nie – die verf kan gevaarlik wees.
- Soms maak die apteker ’n mengsel aan wat vir babas se ongemak help. Dis heeltemal veilig. ’n Voorbeeld van sulke tande kry-moeti is ’n halwe maat Stopayne- en Phenergan-stroop wat gemeng word. Dit kan aan baba se tand vleis gesmeer word of sy kan voor slaap tyd 5 ml daarvan kry.
3 tandekry-moenies
- Gesels met jou dokter as sy die antibiotikum tetrasiklien vir baba wil voorskryf want dit kan baba se tande bruin laat ver kleur.
- Moet nooit brandewyn, whisky of ander hardehout aan baba se tandvleisies vryf nie. Selfs net ’n klein bietjie alkohol kan giftig wees.
- Moet nooit aspirien aan baba se tand vleis of tande smeer nie – as sy toevallig ’n onderliggende virusinfeksie het, kan sy Reye-sindroom kry wat tot ernstige gestremdheid kan lei.
In die hospitaak van ‘tande kry’
Anneke was van geboorte af ’n soet en mak like baba – behalwe wanneer ’n nuwe tand sy verskyning gemaak het. Dan wou sy nie slaap nie, sy’t koors gehad en haar ma, Karla, durf nie aan haar mond geraak het nie. En as Anneke ná so ’n ruk van ongedurigheid weer haar ou self was, het haar ma altyd die wit puntjie van nog ’n tand sien uit steek.
“Toe raak sy ’n slag weer so knieserig,” vertel Karla. “Sy het koors gehad en lig te diar ree. Ek het my nie veel daar aan ge steur nie want ek was seker dis weer tande kry-tyd.”
Sy het wel die dokter gebel, wat ’n stropie aanbeveel het. Die simptome het egter voortgeduur en die diarree het erger geraak. Anneke wou glad nie meer eet nie, maar daar het ook nie ’n tand uitgekom nie. Toe sy nog begin op gooi ook, het Karla haar pediater toe geneem.
“Ek was verstom toe die dokter maag derm ontste king (gastroënteritis) diagnoseer en Anneke vier dae lank in die hospitaal opneem. My arme baba was toe al die tyd ’n baie siek kind. En dit nadat ek gemeen het sy’s net aan die tande kry. Ek het sleg gevoel en gedink ek moes van beter geweet het,” vertel Karla.